2026
Voorkoms
| 2026 |
| ◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2021 | 2022 | 2023 | 2024 | 2025 | ◄ 2026 ► | 2027 | 2028 | 2029 | 2030 | 2031 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
| Sien ook: Kategorie:2026 |
| Die Irannese opperleier Ali Chamenei is in gekoördineerde Amerikaans-Israeliese lugaanvalle dood | ||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||
Die jaar 2026 is 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dis is die 26ste jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – Siprus neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Denemarke oor.
- 1 Januarie – Bulgarye skakel na die euro oor en word die 21ste land in die Eurosone.
- 3 Januarie – Die Verenigde State loods lugaanvalle op verskeie plekke in Noord-Venezuela, waartydens die Venezolaanse president Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores gevange geneem en uit die land gevlieg is.
- 15 Januarie – Wikipedia vier sy 25ste verjaarsdag.
- 22 Januarie – Die ondertekeningseremonie vir die stigtingshandves van die Vredesraad vind plaas op die kantlyn van die 56ste Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland.
- 6 Februarie – Die 25ste Olimpiese Winterspele begin in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië.
- 20 Februarie – Afsluitingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2026.
- 23 Februarie – Die Nederlandse Jetten-kabinet word saamgestel.
- 7 Februarie–8 Maart – Die 10de T20I-wêreldbeker word in Indië en Sri Lanka aangebied en deur Indië gewen.
- 10 Februarie – ‘n Massaskietery vind plaas in Tumbler Ridge, Brits-Columbië, Kanada, met 36 totale ongevalle (9 dood en 27 beseer).
- 28 Februarie – Israel en die Verenigde State loods grootskaalse lugaanvalle op Iran wat onder andere tot die dood van die Irannese opperleier Ali Chamenei lei.
- 4 Maart–13 Maart – Die 14de Paralimpiese Winterspele word in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou.
- 25 Maart – Sarah Mullally word die eerste vroulike aartsbiskop van Kantelberg en daarmee van die Kerk van Engeland.
- 14 Mei – Hemelvaartsdag.
- 11 Junie–19 Julie – Die 23ste Sokker-Wêreldkampioenskap word in Kanada, Meksiko en die Verenigde State aangebied.
- 12 Junie–5 Julie – Die 10de T20I-vrouewêreldbeker word in Engeland aangebied.
- 1 Julie – Ierland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Siprus oor.
- 4 Julie – Presies 250 jaar gelede word die Verenigde State van Amerika onafhanklik deur hulle Onafhanklikheidsverklaring.
- 10 Junie – Antoni Gaudí is 100 jaar gelede oorlede.
- 16 November – Die Afrikaanse Wikipedia vier sy 25ste verjaarsdag.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 18 Januarie – Patsy King, Australiese aktrise (* 1930).
- 30 Januarie – Diana Ferrus, Afrikaanse digter en skrywer (* 1953).
- 11 Februarie – James van der Beek, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1977).
- 15 Februarie – Robert Duvall, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 17 Februarie – Jesse Jackson sr., Amerikaanse burgerregte-aktivis (* 1941).
- 18 Februarie – Clem Sunter, Suid-Afrikaanse toekomskundige, scenario-beplanner, sakeleier en skrywer(* 1944).
- 19 Februarie – Eric Dane, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1972).
- 4 Maart – Mosiuoa Lekota, Suid-Afrikaanse politikus (* 1948).
- 4 Maart – Soli Philander, Suid-Afrikaanse akteur, komediant, regisseur en televisie-aanbieder (* 1961).
- 8 Maart – Walid Khalidi, Palestynse historikus (* 1925).
- 14 Maart – Jürgen Habermas, Duitse filosoof en sosioloog (* 1929).
- 17 Maart – Ali Larijani, Iranse politikus, militêre offisier en filosoof (* 1958).
- 19 Maart – Chuck Norris, Amerikaanse akteur en vegkunstenaar (* 1940).
- 19 Maart – Nicholas Haysom, Suid-Afrikaanse prokureur, anti-apartheidsaktivis en diplomaat (* 1952).